Noodlyn Fisika Flitskaarte
R150.00
Maak jou Graad 12 Fisika-hersiening makliker en meer doeltreffend met Noodlyn se Fisika-flitskaarte!
Die flitskaarte help jou om nie net formules en definisies te memoriseer nie, maar ook om die onderliggende beginsels te verstaan en toe te pas.
Wat sluit die stel in?
– Flitskaarte oor belangrike Fisika-onderwerpe soos Newton se Wette, Elektrostatika, Momentum en Impuls, Arbeid, Energie en Drywing, Vertikale Projektielbeweging, die Doppler-effek, die Foto-elektriese Effek, Elektrisiteit en Elektrodinamika.
– Vrae oor definisies, formules, konsepte, redenasie en probleemoplossing.
– Duidelike antwoorde om leerders te help om hul eie kennis te toets.
– Inhoud wat met die KABV-kurrikulum en NSS-eksamenvereistes belyn is.
Formaat: Digitale PDF wat afgelaai, gedruk en uitgeknip kan word.
Taal: Afrikaans
Ideaal vir selfstudie, vinnige hersiening en voorbereiding vir die Fisiese Wetenskappe Vraestel 1.





